Wednesday 28 August 2013

Leerders wat struikelblokke ervaar kan ook baat vind met tegnologie.
Daar is duisende programme wat verniet bekombaar is op die internet wat die leerproses vergemaklik.  Ek gebruik GSP (Geometer Sketch Pad) met graagte vir Wiskunde probleme
 


 Onderhoude met spesialiste in spesifieke leerareas word nou vergemaklik met tegnologie!

As 'n Wiskunde en Natuur- en Skeikunde onderwyser maak tegnologie my werk baie lekker.  Leerders het makliker toegang tot bronne, metodes van probleemoplossing, YouTube tutoriale en vele meer.  Opvoeders kan metodes meer interessant maak, en lewenswerklike voorbeelde is maklik om vir leerders te wys.
 
Ons moet onthou dat tegnologie slegs as hulpbron gebruik moet word.  Ons as opvoeders moenie toelaat dat tegnologie ons elimineer in die klaskamer nie, dit moet altyd ons les aanvul en opvoeders  moet altyd 'n groot rol speel in die leerproses.
Leerders kan van 'n jong ouderdom baat vind by tegnologiese toestelle.  Vaardighede en kennis wat voorheen vervelig was vir leerders is skielik nou opwindend en hulle is gemotiveerd om hul kennis te verbreed.
Tegnologie is 'n wonderlike hulpmiddel om leerders se belangstelling te prikkel en om ons werk as opvoeders meer interessant te maak.